Manne- en Vrouebediening

Ons het gereelde byeenkomste soos manneontbyt / vroueoggende vir ons manne en vrouens in die gemeente. Dit is nodig dat ons ‘n plek het waar ons net kan weg kom van die gejaag en druk. ‘n Plek waar ons verstaan word en ook die nodige ondersteuning kan ontvang.

Jeug

Ons fokus primêr op ons jongmense op ‘n Sondagoggend na die erediens. Dit beteken egter nie dat ons nie op ‘n gereëlde tyd ‘n lekker uitstappie reël vir ons jongmense nie. Dit is belangrik dat ons jongmense weet hulle is deel van die gemeente en word ook gerespekteer as lidmate van die liggaam.

Seniors

Elke Woensdag oggens 10:00 by Seniorpark word daar ‘n diens gehou vir ons Seniorlidmate. Gereelde byeenkomste vind ook by die kerk plaas om ons seniors te bederf en ook te bedank vir hulle jare se diens en ondersteuning. Ons verstaan ook uit die skrif dat ons seniors as raadgewers moet optree en ons leer en lei in ons geestelike wandel. 

Berading en Gebed

Ons weet dat die lewe soms moeilik kan raak en dat ons nie hierdie lewe alleen kan en moet stap nie. As jy ervaar dat jy iemand nodig het om meer te gesels, oorweeg dit asb om ‘n afspraak te maak met Ds. Stian

Ons het ook ‘n sterk gebedsgroep wat graag saam jou sal wil bid.

Gemeenskap

Ons weet dat God ons juis roep binne die konteks van Witpoortjie. Daarom is ons op baie verskillende maniere betrokke in ons gemeenskap om dit ook ‘n beter plek te maak. Ons het verskeie projekte van “potholes”  reg maak tot broodjie projekte by ons skole. Selfs ‘n groentetuin is besig om te ontstaan.

Ons is tog almal geroep as die liggaam van Christus om 'n verskil te maak. As jy by een van hierdie projekte betrokke wil raak, kom gesels asb met Ds. Stian of een van die Kerkraadslede of volg die skakel.