Godly Revolution

Ons was op Jeugdag (16 Junie 2023) saam ons jeug na ‘n Jeug gefokusde Praise and Worship aand by Lewende Woord Main Kampus. Dit was werklik ‘n belewenis om saam meer as 2 000 jongmense die Here kan loof en prys. 

Daar lê ‘n goeie toekoms vir ons land as ons jongmense so aanhou.

                                                                          Ds. Stian Bloem afskeidspreek – 22 Junie 2025

 

          

Ons wil vir jou uit die diepte van ons harte, dankie sê vir die besondere, opregte en sagmoedige mens wat jy is.

Vir die lig en hoop wat jy met soveel liefde en sagtheid in NG Culembeeck gebring het, en vir die kosbare geskenk van jou teenwoordigheid wat ons almal ryk gemaak het.
Jy het nie net ’n leraar vir ons gemeente geword nie – jy het ‘n vriend, ‘n herder, ‘n medegelowige en ’n draer van ons drome, vrese en vreugdes geword.
In jou tyd saam met ons het jy diep spore getrap: nie net op kansel nie, maar ook by hospitaalbeddens, koffie kuiers, begrafnisse, Bybelstudiegroepe en soveel stille oomblikke waar jy net daar was – teenwoordig, luisterend, draend.
 
Mag die Here vir jou ds. Stian, Lizette, en die kinders (Wat groot geword het voor ons oe en so groot deel van ons gemeente was) met sy oneindige genade omvou, julle koester met sy onvoorwaardelike  liefde, en julle sagkens lei op ’n pad wat oorvloei van vrede, vreugde en diep vervulling.
 
Ons wens julle alle voorspoed op die pad wat voor julle le.