Eredienste

Oggenddiens

Elke Erediens bied die moontlikheid van ‘n ontmoeting met God en met mekaar. Ons gee geleentheid vir getuienis sodat die liggaam mekaar kan bemoedig, opbou en dien. 

Ons glo dat ons as gesin moet saam die Here aanbid daarom is ons jong mense saam ons in die erediens en is daar ‘n hulpgids vir ons jongmense om tydens die diens die boodskap beter te verstaan.

Na die diens verdeel ons jongmense op in hulle verskillende kleingroepe.

Tyd 9.00 am - Afrikaans

Aanddiens

Ons aanddiens is ‘n baie informele, onderwerpgedrewe Bybel studie formaat. 

Ons gesels oor dinge wat ons lees in die Koerante, dinge wat ons oor wonder, en wat sê die Bybel vir ons oor….

Tyd: 18:00 pm

English Service

We are excited to announce that we started an English Service every Sunday. It is a very informal service where we get to know each other and the purpose God has for our lives.

Time: 8:00 am

Hebreërs 10:23-25 (Die Boodskap Vertaling)

Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het. Laat ons gedurig maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees. Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.